NewsNews

Twee matrieks red babahondjies uit kanaal

Twee matriekseuns het Woensdagmiddag twee babahondjies uit ’n kanaal gered.

Twee matriekseuns het Woensdagmiddag twee babahondjies uit ’n kanaal gered.
Dawie Loots (18) van Volkies en Chris Verwey (18) van Ferdinand Postma, het die middag op die Mooibank-kleinhoewes rondgery toe hulle op die hondjies afgekom het.
Volgens Verwey het daar drie hondjies langs die kanaal gestaan, terwyl twee ander in die kanaal geval het.
“Die kanaal was nie baie diep nie, maar hulle was te klein om uit te kom,” vertel Verwey.
Volgens Loots was die hondjies baie moeg toe hulle hul uit die kanaal gehaal het. Hulle het dadelik al die hondjies na die DBV geneem.
Beide Loots en Verwey voel nie hulle optrede was heldhaftig nie. “Ons het net gevoel dis die regte ding om te doen”, het Verwey gesê.
Volgens die DBV is die hondjies redelik goed versorg. Daar word vermoed dat hulle Woensdag deur die dag deur iemand daar gelos is, omdat die ma nêrens te vind was nie.
Dié kruisras hondjies is nou veilig by die DBV, wat vir hulle goeie huise soek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button