NewsNews

Polisie vat hond – dalk in hondegevegte gebruik

n Hond wat onlangs deur die polisie in Ikageng van ’n huis verwyder is, is moontlik in hondegevegte gebruik.

n Hond wat onlangs deur die polisie in Ikageng van ’n huis verwyder is, is moontlik in hondegevegte gebruik.
Volgens die DBV het die polisie die hond by ’n huis in Lekhelestraat gaan verwyder, nadat die bure gekla het die hond byt mense in die woonbuurt.
Die DBV het saam met die polisie na die perseel gegaan, waar die hond verwyder is.
“Hoewel die hond taamlik goed versorg is, was daar verskeie tekens van wonde aan die hond wat al gesond geword het,” het die DBV se veearts dr. Ninette Leistner, gesê.
Volgens haar is die hond se ore geknip en het hy baie krapmerke aan sy lyf wat ooreenstem met bakleiery.
Die DBV sê hulle werk saam met die polisie om hondegevegte in Potchefstroom stop te sit. Hulle sê dit is egter ’n lang en gevaarlike proses omdat dié praktyk dikwels gepaard gaan met mense waarby ook dwelm- en onwettige wapenhandel betrokke is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button