BlogsEntertainmentLifestyleNewsNewsOpinions

Dis stunning as mense hul taal bly praat

Ek worry oor die toekoms van Afrikaans. Die studente op varsity verkies Engels en Afrikaanse ouers stuur hul kids na Engelse skole. Dis genuine shocking, hoor! Waar gaan alles eindig as ons so reckless met ons taal omgaan? Gelukkig is my kids nog okay. Nou die oggend om die brekfistafel sê my laaitie nog – …

Ek worry oor die toekoms van Afrikaans. Die studente op varsity verkies Engels en Afrikaanse ouers stuur hul kids na Engelse skole.

Dis genuine shocking, hoor! Waar gaan alles eindig as ons so reckless met ons taal omgaan? Gelukkig is my kids nog okay. Nou die oggend om die brekfistafel sê my laaitie nog – so tussen die gekou aan sy toast: “Dis darem cool dat ons nog in Afrikaans skoolgaan, Pa. Pietie van langsaan moet nou Shakespeare Primary toe en hy ken amper nie die difference tussen ‘yes’ en ‘no’ nie. Dis sad, ne?”

Ek kon nie help om te smile nie. Daai kid van my sal tot op die bitter einde fight vir sy taal. Dis actually amazing dat so ‘n jong kid so sterk oor sy roots voel. Dit bly altyd vir my stunning as mense nog goeie Afrikaans praat. Recently luister ek op die karradio na ‘n Engelse radiostasie, wat ‘n kompetisie het oor die flavours van ‘n sekere ice cream.

Die eerste inbeller sê toe haar Engels is nie hot nie, kan sy maar Afrikaans praat? Die omroeper sê dis okay. Sy sê toe: “Die flavours is raspberry, chocalate en grape.” En daar wen sy toe wragtie! Wys jou net: jy kan nog presteer deur op Afrikaans aan te dring. Dit hang maar van elkeen van ons af of ons taal gaan survive of nie. Ek is so erg oor my taal dat ek onder die stort net Afrikaanse songs sing – vir in case die kids luister. Tot ons hond reageer net op Afrikaanse commands. As ek vir horn sê om te “sit”, dan sit hy. En as ek vir horn skree om te “sjarrap”, dan hou hy op blaf.

Nou die dag stop ek by ‘n padstalletjie omdat hulle produkte in Afrikaans op die plakkaat geskryf is.

Toe koop ek sommer al hulle muffins, cupcakes en toffee apples om te wys ek support hulle.

Van support gepraat. Ek was nooit ‘n Stormers supporter nie totdat ek hoor Juan skree op die tiewie vir sy fly-half: “Pass die bal vir my!” Toe sê ek nog vir my laaitie: “Hoor net daar. Hy kon netsowel gesê het “pass the ball to me”, maar hy hou by sy taal.”

Nee kyk, Afrikaans hardloop darem nog sterk deur party van ons se veins.

Dis so ama-a-a-a-zing, ne?

*Hierdie rubriek het in een van die Herald se susters koerante, TYGERBURGER verskyn. 

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button