Local newsNewsNews

Gimmie-komponis en dansers blink uit op internasionale verhoë

Nico Smit sowel as Salonée en Almaine Hartman het internasionale toekennings verower.

Potchefstroom Gimnasium se leerders hou aan om die skool se naam hoog te hou met uitsonderlike prestasies in die uitvoerende kunste en musiek die afgelope maand in die Verenigde State van Amerika.

Musiek is in sy bloed

‘n Begaafde Gimmie wat internasionaal naam gemaak het, is Nico Smit. Hy is as die algehele Grand Prize-wenner in die Senior Instrumentale Komponeringsafdeling (14 tot 18 jaar) van die International Youth Music Competition in die Verenigde State aangewys.

Nico Smit

Nico het met sy komposisie, Great Galloping Waves vir twee klaviere, ‘n perfekte punt van 100% behaal en jong komponiste uit 15 lande uitgestof. Die beoordelaars het sy werk geloof en gesê: “Bravo! Your piece is simply amazing… Congratulations!”

Dans, dans, dans

Susters Salonée en Almaine Hartman het Suid-Afrika met trots by die Uitvoerende Kunste Wêreldkampioenskappe in Las Vegas verteenwoordig. Die kampioenskap het deelnemers uit 50 lande gelok, wat hul prestasie nog meer besonders maak.

Salonée het twee goue-en twee bronsmedaljes vir solo-en groepdanse verower, asook goud vir ‘n duet en silwer vir drama. Almaine het op haar beurt ‘n goue-en twee bronsmedaljes vir groepdanse gewen, asook goud vir ‘n duet.

Almaine se talent het verder internasionale erkenning ontvang toe sy ná haar drama-optrede deur die New York Film Academy genader is om ná skool daar te studeer. ‘n Besonderse geleentheid en bewys van haar uitsonderlike vermoë.

Salonée en Almaine Hartman

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Tania Coetzee

I am a passionate journalist and photographer. I have been a photographer for 15 years and a journalist for 4 years. I recently started working for Potchefstroom Herald. I love writing people's stories and showcasing their inner beauty through photography.

Related Articles

Back to top button