
Paws, (Potchfstroom Animal Welfare Soviety) het gister (18 Mei) omtrent 130 honger beeste begin voer.
Volgens Andries Venter, Paws bestuurder, was hulle Dinsdag (17 Mei) na die perseel naby New Machavie om ‘n waarskuwing aan die mense oor te handig. Hulle het Woensdag terug gekeer om te kyk of die mense die waarskuwing na gekom het. Paws het ‘n lasbrief om die perseel te betree sodat die beeste gevoer kan word.
“Die mense het nou tot Vrydag (20 Mei) 14:30 om aan die hof te bewys dat hulle die beeste se omstandighede kan verbeter. Anders sal Paws beslag neem op al die beeste,” het Venter gesê.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




