Twee kontrakteurs wat onder Du Plessis Konstruksie, Skoonmaakdienste en Plaveisel handel dryf, word tans deur die polisie gesoek.
Die Herald het 12 Mei berig oor dié kontrakteurs wat glo verskeie mense in die stad al ingedoen het.
Hulle vra 70% deposito om werk te doen, waarna hulle na bewering met die deposito verdwyn sonder om die werk klaar te maak.
Sewentien klagtes van bedrog word in Klerksdorp teen hulle ondersoek. Tot dusver het vier Potchefstromers na vore gekom wat beweer dié kontrakteurs is weg met hulle geld. ’n Lasbrief is vir ’n ene WP Miller en JC Miller uitgereik nadat hulle op 18 Mei in die landdroshof in Klerksdorp moes verskyn. Hulle het glo opgedaag en later net verdwyn, waarna hulle ‘n sieknota laat afgee het. Enige inligting oor waar die twee hulle bevind, kan aan die ondersoekbeampte, ao. Connie Nepgen by e-pos klerksdorp.detfraud@saps.gov.za gestuur word, of hy kan by 073 133 3264 geskakel word.
Noem in jou e-pos dat ’n klag teen Miller gelê wil word.





