NewsNews

Trane toe regter weer vonnis uitstel

'n Pa en sy twee seuns, sal nou eers op 1 Julie hoor wat hul vonnis is vir die moord op sakeman Craig Marx (47) in Desember 2014.

‘n Pa het begin huil het in die hof begin huil toe hy hoor dat die vonnisoplegging weer uitgestel is.

Koen van Aswegen (53) en  seuns, JR (22) en Nikolai (18), asook ’n  skoolmaat, David Kuyler, sal nou eers op 1 Julie hoor wat hul vonnis is vir die moord en roof met verswarende omstandighede van sakeman Craig Marx (47) in Desember 2014 . Al vier is reeds in Februarie vanjaar op beide die klagtes skuldig bevind.
Waarnemende regter Lani Operman het Maandag die saak wat bestem was vir vonnisoplegging uitgestel nadat die korrektiewe verslae wat met die vorige hofsitting in April gevra is, onvolledig was.
Koen van Aswegen  en sy seun, JR, is sedert hul inhegtenisname al in aanhouding. Nikolai is in die sorg van sy ma, Drienie geplaas en is tans ’n  matriekleerling waar hy by sy skool nie net op akademiese gebied uitblink nie, maar ook op die leerlingraad dien en kaptein van die skool se eerste rugby en krieketspan is.
David was in aanhouding maar is in Desember op borg vrygelaat.

André Kruger (18), ook ’n  skoolmaat van Nikolai en David, het vir die staat getuig. Dit was ook hy wat twee weke ná Marx se verdwyning die toneel uitgewys het waar Marx se lyk versteek was.

Marx is op 4 Desember 2014 na Kuyler se huis gelok onder valse voorwendsels waar hy aangerand is, sy bankkaart gevat en geld uit sy rekening onttrek is nadat hy sy pinkode moes gee. JR het in die hof beken dat hy Marx daarna versmoor het.
Marx se liggaam is met plastiek toegedraai en in sakke gesit en agterop sy eie bakkie gelaai. Die liggaam is toe in ’n stormwaterpyp langs die Kopjeskraalpad versteek.
Nadat van die liggaam ontslae geraak is, is die 5 doodluiters na ’n  inkopiesentrum in Potchefstroom waar met Marx se bankkaart inkopies gedoen is vir onder meer X-box’e.
Departement van Korrektiewe Dienste moes verslae opstel oor moontlike gepaste vonnisse vir David en Nikolai omdat hulle so jonk is. In die hof is Maandag getuig dat direkte gevangenisstraf nadelig vir die twee kan wees omdat hulle dan blootgestel kan wees aan afbrekende elemente. ’n  Maatskaplike werker in diens van Korrektiewe Dienste, mnr. Johannes van der Merwe, het gesê dat hy uit ’n  maatskaplike oogpunt sou wou sien dat Nikolai en David die kans gegun word om staanplek in die lewe te kry, hoewel die misdade waaraan hulle skuldig gevind is, baie erg is.
Regter Opperman het weer haar kommer uitgespreek oor die oënskynlike gebrek aan getuienis voor haar oor Kuyler se berou wat deurgaans van sy swygreg gebruik gemaak het. Sy regsverteenwoordiger, Danie Swanepoel, het egter daarop gewys dat hy reeds ’n  jaar in aanhouding was en groot onsekerheid het oor sy toekoms. Hy het gevra dat David die kans gebied word om behoorlik met Van Der Merwe en die DKD in gesprek te kan wees sodat na sy omstandighede gekyk kan word, soos ook in die geval van Nikolai gedoen is.
Regter Opperman het Maandag na aanleiding van André Kruger se getuienis gesê dat sy hom nie van vervolging kan vrywaar nie, omdat hy nie heeltemal eerlik in sy getuienis voor die hof was nie.

Vorige berigte oor die saak:

Vyf in November voor hof vir moord op sakeman

SMS-boodskappe moes vriendin vir dae op dwaalspoor plaas

Hulle wou hom regsien en ’n les leer – vier hoor eers later hul lot

Hy wou hul net beskerm, seun wou nie luister

Pypmoord: Vier hoor einde April hul lot ná skuldigbevinding

‘Ek het my ore per ongeluk uitgeleen’ sê pa

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button