NewsNews

Minderjarige ook onder beskuldigdes

Borgtog van R10 000 elk is Donderdagoggend aan Miela Jansen van Vuuren (22), Cor Loggenberg (18) en Loedie van der Westhuizen (18) toegestaan.

Borgtog van R10 000 elk is Donderdagoggend deur landdros Jan Claassen van Kroonstad aan Miela Jansen van Vuuren (22), Cor Loggenberg (18) en Loedie van der Westhuizen (18) toegestaan.

Die drie asook ’n  minderjarige seun is Dinsdagmiddag deur die Valke inhegtenis geneem op 2 klagtes van moord, ná die dood van Simon Jubeda en Samuel Tjixa in Januarie vanjaar op ’n  plaas in die Weiveld-distrik. Die minderjarige is op waarskuwing in die sorg van sy moeder geplaas.
Cor is ’n matriekleerling aan Potchefstroom Gimnasium en ook hoofseun van die seunskoshuis. Die skool het op sy Facebook-blad ’n  inskrywing oor die arrestasie gemaak en gevra dat mense sal bid dat geregtigheid sal geskied.
Dit beteken dat daar nou reeds 11 aangeklaagdes in die saak is. Klagtes teen Johan Cilliers Sr en Johan Cilliers Jr is vroeër deur die staat teruggetrek.
Die ander beskuldigdes, Boeta van der Westhuizen (46) wat ook die pa van Loedie is, Anton Loggenberg (49) wat die pa van Cor is, kapt Henk Prinsloo (46), Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wikus van der Westhuizen (19), sal almal saam met die 3 wat nou borg gekry het en die minderjarige, weer Vrydag 27 Mei voor die hof verskyn.
Die publiek en lede van die media is Donderdag as gevolg van die verskyning van ’n  minderjarige gevra om die hofsaal te verlaat terwyl die formele borgaansoek hanteer is.
Die dood van Jubeda en Tjixa het gevolg ná meer as 40 boere gereageer het toe Boeta se pa, Loedie (73) daarin kon slaag om die noodknoppie te druk om hulp te ontbied ná ’n oënskynlike plaasaanval op hom op sy plaas Biesiesbult in die Weiveld-distrik.
Die boere het dadelik gereageer en is die oorledenes deur van die boere gearresteer op een van die buurplase. Die oorledenes is toe glo sodanig beseer dat hul kort na die arrestasie aan hul beserings in twee afsonderlike hospitale beswyk het.
Die familie van die oorledenes en die EFF het na die voorval beweer dat die oorledenes glo agterstallige lone by Loedie van der Westhuizen wou gaan haal het wat glo deur Boeta aan hulle verskuldig was.
Die ondersoek het reeds ’n geweldige impak op die gemeenskap gehad wat ook duidelik was uit die bewerings van intimidasie deur die Valke-ondersoekspan wat by herhaling in die hof gemaak is.
Familie van die beskuldigdes, het te midde van die gemeenskap se skok en ongeloof oor die arrestasies,  voor die hof verrigtinge gesê dat hul glo geregtigheid sal geskied.
Naas die klagte van moord staan Boeta ook tereg op ’n  klag van intimidasie ná ’n vroeëre dreigoproep aan kapt Francois Laux van die Valke, terwyl Milla ook voorheen vir 5 dae aangehou was, en tereg staan op ’n klag wat verband hou met die vuurwapenwet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button