Luiperds vat Blou Bulle aan op Loftus hierdie Saterdag
Die Luiperds het Vrydagaand op Olënpark met 42-17 teen die Welwitchias van Namibië gewen. Met hierdie oorwinning in die provinsiale liga beklee hulle nou, na slegs hulle derde oorwinning, die vyfde plek op die punteleer vir die kwalifiseerders wat by die groot unies gaan aansluit vir die ware Curriebeker. Griekwas is steeds onoorwonne in die …
Die Luiperds het Vrydagaand op Olënpark met 42-17 teen die Welwitchias van Namibië gewen. Met hierdie oorwinning in die provinsiale liga beklee hulle nou, na slegs hulle derde oorwinning, die vyfde plek op die punteleer vir die kwalifiseerders wat by die groot unies gaan aansluit vir die ware Curriebeker.
Griekwas is steeds onoorwonne in die liga en het na sewe wedstryde reeds 34 punte. Die span van Boland het ook na sewe wedstryde en vyf oorwinnings 25 punte. Die Pumas kon vier van hulle sewe wedstryde wen en het 21 punte. Die Griffons behou hulle voorsprong oor die Luiperds met 4 oorwinnings uit 6 wedstryde en het 19 punte. Die Luiperds het 17 punte.
Die Luiperds speel Saterdag op Loftus teen die Blou Bulle. Die span van die Blou Bulle kon nog net een wedstryd wen: ‘n aanduiding dat dit dalk ‘n junior span is wat in hierdie liga speel. Baie van die groot unies beskou die liga as iets wat maar net gespeel moet word en gebruik opkomende spelers en juniors. Dit kon dalk anders gewees het as SARU ‘n trofee of ‘n prysgeld op die spel geplaas het. Nietemin bly enige wedstryd op Loftus ‘n uitdaging en die Luiperds, wat sekerlik op volsterkte gaan wees, kan nie te oorgerus wees nie.
*In Vrydagaand se wedstryd was die waarnemende kaptein, die heelagter Rhyno Smith, weer op sy stukke en het 17 punte bygedra met ‘n drie en ses doelskoppe. Vleuel Rowayne Beukman het twee drieë gedruk en Bruce Muller, Bradley Moolman en Henko Marais een elk. Die Luiperds was teen rustyd 21-3 voor maar het toegelaat dat die besoekers twee drieë gaan druk in die tweede helfte.
Kyk die foto’s van die Luiperds se wedstryd teen die Welwitchias hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15551/fotos-luiperds-sink-hulle-tande-in-welwitchias-in/



