NewsNews

Aanval op weldoener skok

Die eienaar van ’n restaurant is Sondagaand omstreeks 19:00 deur ’n man vir wie hy vroeër die dag gratis kos gegee het, aangeval.

Die eienaar van ’n restaurant is Sondagaand omstreeks 19:00 deur ’n man vir wie hy vroeër die dag gratis kos gegee het, aangeval.
Sy hand is in die aanval gesny en hy moes steke kry. Fanie Smit, die eienaar van Garnish restaurant in Klinkenbergstraat, sê hy het die man herken, want hy het vroeër die dag vir hom en sy vriend ’n bord kos gegee. Smit sê hy het omstreeks 15:00 vir die twee mans kos gegee.
“Ek weet van die een, hy kry baie swaar, so ek help maar waar ek kan.” Die twee het die kos geneem, waarna hulle in die parkeerterrein in ’n wit bakkie gaan sit en eet het. Later het een van die mans vir Smit gesê hy gaan loop omdat hy en sy vriend begin stry het en dat dié nou dreig om hom aan te rand.

toneel
Kort nadat die man weg is, en terwyl Smit besig was by die kasregister, het hy ’n geweldige slag gehoor van die deur wat stukkend geslaan word.
Die man wat in die bakkie agtergebly het, het al skellend en gillend op my afgestorm. “Ek het baie groot geskrik en probeer om hom te keer, maar hy het in my vasgehardloop en my omgestamp.” Smit het bo-oor die kosbakke geval, waar hy sy hand op die stukkende glas gesny het. Hy kon dit regkry om die alarm se paniekknoppie te druk. “Toe die alarm afgaan het hy geskrik en weggehardloop. Hy het in die bakkie gespring en weggejaag. Daar was oral bloed. Die reaksiebeampte van Mooirivier Beskerming was gou daar en het ’n drukverband op die diep sny gesit,” sê hy.
Die man het glo die deur wat toe was oop geskop waarna hy op Smit afgestorm het. Die bakkie is glo omstreeks 05:00 Maandagoggend in Sol Plaaitjiestraat gevind. “Geen normale mens sou so tekere gegaan het nie. Ons dink hy was onder die invloed van dwelms. Van my personeel het gesê dat hy vroeër vir hulle gevra het waar hy dagga kan koop.”
Smit is Mediclinic toe geneem waar hy steke in sy hand moes kry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button