Potch se gholfspelers maak plaaslik naam
Op Sondag 22 Mei is die tweede rondte van die Noordwes Nul Voorgeeliga by Orkney Gholfklub gespeel. Nege spanne van klubs in die Noordwes ding mee sonder enige voorgeë. Potchefstroom A het beide hule wedstryde gewen en is tans die voorlopers in die liga. Potchefstroom B het ook albei hul wedstryde gewen en is tans …
Op Sondag 22 Mei is die tweede rondte van die Noordwes Nul Voorgeeliga by Orkney Gholfklub gespeel. Nege spanne van klubs in die Noordwes ding mee sonder enige voorgeë. Potchefstroom A het beide hule wedstryde gewen en is tans die voorlopers in die liga. Potchefstroom B het ook albei hul wedstryde gewen en is tans in die derde plek in die liga. Klerksdorp A, wat ook albei gewen het, is in die tweede posisie op die leer. Die derde rondte word op 5 Junie by die Potchefstroomse Buiteklub gespeel.

Op Saterdag 21 Mei is die Noordwes Gholfunie se Voorgeeliga finale in Potchefstroom gespeel. Die spanne van Mooinooi Gholfklub en Landbou Kollege Gholfklub het sake uitgespook. Mooinooi het as die wenners uit die stryd getree en is nou die Noordwes kampioene vir 2016.
Klubnuus:
* Op Woensdag 18 Mei is ‘n IPS kompetisie aangebied en die wenners was:
1e – Riaan Swart met 39 punte
2e – Kobus Gerber met 39 punte
3e – Conrad de Swardt met 37 punte
* Op Saterdag 21 Mei het The Broken Pot die IPS kompetisie geborg en was die uitslag soos volg:
1e – Manie Smit met 38 punte
2e – Fanie Laubscher met 37 punte
3e – Coenie Schoonhoven met 37 punte
* Die dames van die klub het ook Saterdag hulle Sanlam Kanker Uitdaagreeks gespeel. Die wenners was:
A-afdeling – Elzané van der Wath
B-afdeling – Lorraine Liebenberg
C-afdeling – Nina van Heerden
*Eerskomende naweek, op Saterdag 29 Mei, vind die Sanlam Kanker Uitdaagreeks vir die mans by die klub plaas.



