NewsNews

‘My hart is uit my bors geruk’

Die jong man wat op Sondag, 15 Mei in ’n ernstige motorfietsongeluk was, is ’n week later, op Sondag 22 Mei oorlede.

Die jong man wat op Sondag, 15 Mei in ’n ernstige motorfietsongeluk was, is ’n week later, op Sondag 22 Mei oorlede.
Shaun Ingram het tydens die ongeluk ernstige inwendige beserings opgedoen.
Hy is direk na die ongeluk na Potchefstroom Hospitaal geneem, waarna hy na die hoësorgeenheid van ’n hospitaal in Klerksdorp oorgeplaas is. Shaun se regterbeen moes geamputeer word om sy lewe te probeer red. Hy is egter Sondag omstreeks 06:40 oorlede.
Gebedsversoeke is deur talle motorfietsryers en die gemeenskap van Potchefstroom versprei.
“My hart voel of dit uit my bors geruk is. Hy was die mooiste mens, met ’n hart van goud. Hy was vol energie en lewenslus. Ek weet nie hoe ek sonder hom sal kan aangaan nie,” het Shaun se ma, Juliana, aan die Herald gesê. Sy sê Shaun laat nie net haarself, pa, stiefpa, drie boeties en ’n sussie agter nie, maar ook baie vriende. Volgens haar was hy ’n gewilde mens wat vriende gemaak het waar ookal hy gegaan het. “Boeta, ons gaan jou vreeslik baie mis, liefde sussie en boeties,” was ’n boodskap wat Shaun se broers en suster vir hom gelos het.
‘n Roudiens word Saterdag om 11:00 vanuit die Hervormde Kerk op die hoek van Chris Hani en Kockstraat gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button