NewsNews

Vermeende kar-inbreker in hegtenis

'n Man is kort voor 01:00 vanoggend by 'n kompleks in Steve Bikostraat in hegtenis geneem.

‘n Man is kort voor 01:00 vanoggend (30 Mei) by ‘n kompleks in Steve Bikostraat in hegtenis geneem.

Dit nadat Mooirivier beskerming op die CCTV kameras die verdagte man opgemerk het terwyl hy by ‘n motor probeer inbreek. Reaksiebeamptes is ontbied waarna Mooirivier beskerming die man gevang het nadat hy die motor se venster gebreek het.

13335931_921797524613758_9038653761889214941_n
Fotos: Mooirivier Beskerming

Die SAPD is ontbied wie die man in hegtenis geneem het. Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar tans ‘n groot probleem rondom inbrake en diefsal in die Bult area. Die SAPD het ekstra patrollies in die area gesit maar Chaka maan alle inwoners om aan te hou versigtig wees.

“Probeer om nie besittings soos, selfone, skootrekenaars of kameras in voertuie te los of naby oop vensters in huise nie. Enige verdagte optrede kan aan die polisie se radiobeheerkamer gestuur word, deur (018) 299 7477 te skakel,” het hy gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button