SportSport

5 groot oomblikke in die Gimmie-Volkie Classic Clash

Wedstryde word gewoonlik bepaal deur ’n paar kritieke en besluite wat een span kan bevoordeel of benadeel. Dit was glad nie anders in die afgelope naweek se FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom wat op die Fanie du Toit Sportterrein plaasgevind het nie. Volkskool het hierdie eerstespan rugbywedstryd met 18-17 gewen. …

Wedstryde word gewoonlik bepaal deur ’n paar kritieke en besluite wat een span kan bevoordeel of benadeel. Dit was glad nie anders in die afgelope naweek se FNB Classic Clash tussen Potchefstroom Gimnasium en Hoër Volkskool Potchefstroom wat op die Fanie du Toit Sportterrein plaasgevind het nie. Volkskool het hierdie eerstespan rugbywedstryd met 18-17 gewen.

Hier is vyf groot oomblikke wat uitgestaan het.

  1. Henry Campher se wendrie

Volkies se hele agterlyn het ’n baie goeie wedstryd gehad, maar Campher het veral uitgeblink. Hy was rotsvas op verdediging en het albei van Volkies se drieë gedruk. Die buitesenter het eerstens soos blits op Hanru van Rooyen se skop losgesak vir die eerste drie onder die pale. Die tweede drie wat hy afgerond het na goeie balverspreiding was kritiek gewees. Gimmies het op daardie stadium balbesit beheer en een fout was dadelik deur Volkies gestraf.

  1. Edrich Cronje is op sy stukke

Cronje het ’n briljante wedstryd op binnesenter gehad waar hy baie werk verrig het en al Gimmies se punte aangeteken het. Hy het lewe in Gimmies se aanslag met twee goeie drieë gepomp en altyd gevaarlik met bal in hand gelyk. Sy spel het amper vir Gimmies die wedstryd gewen en hy het baie keer die druk van Eddie Schoeman afgehaal met ’n paar goeie skoppe. In ’n mate was Cronje soos ’n tweede losskakel, amper soos Matt Giteau, die gevaarlike Australiese binnesenter.

  1. Gimmies neem verkeerde besluite in Volkies se kwartgebied

Talle kere het Gimmies die kans gehad om ’n drie in die twee helfte te druk, maar weens swak besluitneming kon hulle nie afrond nie. Gimmies het veral net na rustyd (met ’n 17-13 voorsprong) begin lyk of hulle hul die voorsprong sou vergroot. ’n Voorbeeld hiervan was Herman de Jong se uitstekende lopie, maar hy het nie die bal uitgegee na Mitchelle van der Merwe wat oop was nie en so is die kans verbrou.

  1. Hanru van Rooyen se akkurate skopvoet

Die jong losskakel van Volkies was ’n generaal op die veld. Hy het vroeg-vroeg die eerste punte deur middel van ’n strafskop aangeteken en toe later nog ’n moeilike strafskop oor die pale geklits. Sy besluitneming was ook goed en later het hy ook goed die bal versprei en aanvalle geloods. Sy strafskop was ook die verskil tussen die twee spanne op die telbord.

  1. Gimmies se skopwerk laat hulle in die steek

’n Paar keer het Gimmies in oop spel nie te waffers geskop nie en kon beter lynskoppe gedoen het. Sodoende kon hulle meer voordeel getrek het. Gimmies se losskakel, Eddie Schoeman is een van Gimmies se beter spelers en het die x-faktor, maar het op die dag ’n paar swak besluite geneem en kon beter geskop het. Schoeman het sy agterlyn partykeer in moeilike posisies geplaas deur te veel dwars oor die veld te hardloop in plaas daarvan om die verdedigers te trek en spasie te skep.

Lees die volle wedstrydverslag hier: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/15838/volkies-breek-gimmies-se-houvas-met-18-17-classic-clash-oorwinning/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button