
Een persoon is dood en vyf ander mense is beseer toe twee voertuie Saterdag (4 Junie) omstreeks 13:00 met mekaar gebots het.
Die ongeluk het op die Elandspad buite Carletonville gebeur, ‘n pad wat deur baie Potchefstromers gebruik word.
Volgens ‘n verklaring van ER24, blyk dit dat die ongeluk ‘n semi-kop-aan-kop botsing was. Toe paramedici op die toneel gekom het, het hulle ‘n persoon gevind wat reeds geskwyk het die beserings wat opgedoen is. Die vyf ander mense se beserings was gematig tot ernstig. ER24 het twee van die pasiënte na Fountain hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die ander beseerdes was deur ander ambulansdienste vervoer.
Die SAPD was op die toneel om verder ondersoek in te stel.




