SportSport

Puk-student wen twee titels by Arnold Classic

Chanel Erwee, ’n 20-jarige student aan die NWU, het die afgelope naweek twee titels by die Arnold Classic Afrika-kompetisie in Sandton, Johannesburg gewen. Hierdie kompetisie het internasionale federasies van 29 lande ingesluit. Chanel het onderskeidelik die Fitness Bikini o.23 en Fitness Bikini oor 1.72cm vir alle ouderdomme gewen. Top-atlete was teenwoordig en ’n paneel van …

Chanel Erwee, ’n 20-jarige student aan die NWU, het die afgelope naweek twee titels by die Arnold Classic Afrika-kompetisie in Sandton, Johannesburg gewen. Hierdie kompetisie het internasionale federasies van 29 lande ingesluit.

Chanel het onderskeidelik die Fitness Bikini o.23 en Fitness Bikini oor 1.72cm vir alle ouderdomme gewen. Top-atlete was teenwoordig en ’n paneel van Suid-Afrikaanse- en internasionale beoordelaars het die wenners gekies.

Wat dit merkwaardig maak, is dat Chanel maar vanjaar 20 jaar oud geword het en top internasionale atlete en top Suid-Afrikaanse atlete uitgestof het. Chanel neem slegs twee jaar aan die IFBB-kompetisies deel en is in 2015 in ander kompetisies gekroon as Mej. Physique by die Mej. Pretoria-kompetisie en 2de in Body Beautiful SA.

Chanel het ook in Januarie vanjaar,   op 19-jarige ouderdom, haar eerste “half-ironman” in Oos-Londen voltooi en ’n algehele 8ste plek in haar ouderdomsgroep behaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button