‘n 34 jarige Man is Saterdagaand (11 Junie) uit sy kar gesny na ‘n ongeluk op Promosaweg.
Die ongeluk het ongeveer 22:20 plaasgevind, paramedici van ER24 het op die toneel gekom waar hulle die man, wat vasgevang is in die kar gekry het. ER24 in samewerking met die Tlokwe brandweer het hom uit die kar uit gesny waarna hy vir matige beserings behandel is en hospitaal toe geneem is vir verdere behandeling.
‘n Ander voertuig wat ook betrokke was in die ongeluk het twee insittendes gehad wie deur die provinsiale ambulansdienste behandel en hospitaal toe vervoer is.
Die SAPD was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



