NewsNews

Ses vroue beseer in kop-aan-kop botsing

Ses vroue is beseer tydens 'n kop-aankop botsing op die N12, Johannesburg omstreeks 08:00 vanoggend (13 Junie)

Ses vroue is beseer tydens ‘n kop-aankop botsing op die N12, Johannesburg rigting omstreeks 08:00 vanoggend (13 Junie)

Volgens ‘n verklaring van ER24, het die botsing omtrent 15km van Potchefstroom af gebeur.

ER24, IMR sowel as Netcare 911 was op die toneel om die pasiënte te behandel. Die voertuie is langs die pad gevind toe paramedici op die toneel aangekom het.

“Die vroue wat na bewering tussen die ouderdomme van 19 en 37 is het klein tot matige beserings opgedoen,” het Chitra Bodasing, ER24 woordvoerder gesê.

Hulle is deur die verskeie ambulansdienste na Medi-Clinic Potchefstroom en Potcheftroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die verkeer en polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button