‘n Voertuig wat in Gauteng gesteel is, is drie ure later gevind, maar daar is net die dop van die kar oor.
‘n Privaatondersoek maatskappy, Intelligence Bureau het die fotos op hulle Facebook blad gedeel. Dit wys hoe vinnig sindikate werk nadat ‘n voertuig gesteel is.

Potchefstroom is ‘n dorp wat erg onder motordiefstal en diefstal uit motors lei.
Kaptein Mvula Chaka het al in vorige berigte, inwoners gemaan om meer paraat te wees oor die items wat in hulle voertuie gelos word asook waar hulle voertuie parkeer. Die polisie het ekstra patrollies veral in die bult area ontplooi om misdadigers te probeer vang.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



