
‘n Abnormale vrag, het vanoggend (21 Junie) omstreeks 08:30 ‘n groot tak afgebreek toe dit in Thabo Mbeki rylaan gery het.
Die takke wat glo laag gehang het is deur die voertuig, wat deur die provinsiale verkeer begelei is, gehak en afgebreek. Die tak het bo-op ‘n heining van ‘n huis geval en dit erg beskadig.
Die Herald het op die toneel gekom maar die voertuig was alreeds weg, glo oppad Carletonville toe. Die Tlokwe verkeer het op die toneel gekom om de area waar die tak in die pad lê te beveilig.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





