Local newsNewsNews

Potch liedjieskrywer as Emmies se nuwe bemarker aangestel

Roux is 'n oud-Emmie wat sy kreatiwiteit na die skool sal bring.

Laerskool M.L. Fick het hierdie week vir die sanger, liedjieskrywer en musikant, Roux Cloete, as die skool se nuwe bemarker verwelkom.

Roux is self ’n oud-Emmie wat sy kreatiwiteit na die skool in ‘n nuwe rol sal bring. Hy sal vir die algehele bemarking van die skool verantwoordelik wees. Die skool is vanjaar 136 jaar oud en het ook ‘n puik gedenksaal bekendgestel.

Roux Cloete sal sy unieke kreatiwiteit as oud-Emmie na die skool bring in ‘n nuwe bemarkingspos. Foto: Laerskool M.L. Fick/Facebook

“Ons wens vir Roux alle voorspoed toe met hierdie nuwe hoofstuk en sien uit na die idees en bydraes wat hy tot die skool sal lewer,” het die skool op Facebook genoem.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button