NewsNews

Dans vir jong man se nuwe been

Oud-Volkie Jandré Venter (19) was in Mei vanjaar in 'n motorfietsongeluk wat hom sy been gekos het. Die jong man, wie se linkerbeen geamputeer is, het wel nie moed opgegee nie.

Oud-Volkie Jandré Venter (19) was in Mei vanjaar in ‘n motorfietsongeluk wat hom sy been gekos het. Die jong man, wie se linkerbeen  geamputeer is, het wel nie moed opgegee nie.

Hy sien sy ervaring as ‘n geleentheid vir die Here om deur hom te werk, en so ander mense ook van God te leer. Jandré is die perfekte voorbeeld van ‘n mens wat iets tragies omskep het in iets asemrowend. Sy droom is om, sodra hy ‘n nuwe been gekry het, saam met Paul Steyn deur die land te loop, geld in te samel vir mense wat prostese kort en die Woord te verkondig.

Jandré en Paul ontmoet.
Jandré en Paul ontmoet.

Om Jandré te help sy droom bewaarheid, het familie en vriende ingespring en ‘n fondsinsamelingsdans vir hom gereël. Die dans vind more-aand (2 Julie) om 18:00 plaas by die Dovesdale saal tussen Potchefstroom en Ventersdorp (35km op die Ventersdorp pad uit aan die linkerkant). Elkeen kan sy eie piekniek mandjie en drinkgoed saam neem, en burgers sal ook te koop wees. Daar sal ook lekker veilings wees waaronder ‘n Leeus rugbytrui waarop die naam van die wenner gedruk sal word en dan geteken sal word deur die Leeus-rugbyspan.

Kaartjies kos R50 per persoon en die fondse wat ingesamel word tydens die dans en veilings, sal dan hopelik Jandré se hospitaalrekening kan betaal en  bydrae vir sy nuwe been. Kaartjies kan gekoop word by Fellows in Canal Crossing, of by Elmarie Senekal 083 571 0088.

Enige ander donasies wat kan help om vir Jandré prostese te kry kan in die bankrekening betaal word:

Mnr JA Venter, Standard Bank Brits, Rekening nommer: 421990147

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button