Gimmies se hokkiedogters vat Noordweskroon
Potchefstroom Gimnasium se eerste dogtershokkiespan dra weer die kroon na ‘n briljante seisoen waar hulle hul teenstanders in Noordwes gemaklik geklop het. Die enigste keer wat hulle aan die verloorkant was, was teen Lichtenburg toe hulle 2-1 verloor het. Nietemin het hulle weer opgestaan en seker gemaak dat hulle nie weer daardie gevoel sou beleef …
Potchefstroom Gimnasium se eerste dogtershokkiespan dra weer die kroon na ‘n briljante seisoen waar hulle hul teenstanders in Noordwes gemaklik geklop het.
Die enigste keer wat hulle aan die verloorkant was, was teen Lichtenburg toe hulle 2-1 verloor het. Nietemin het hulle weer opgestaan en seker gemaak dat hulle nie weer daardie gevoel sou beleef nie. In die Noordwesliga staan hulle slegs drie doele in agt wedstryde af en teken ‘n allemintige 39 doele aan.
Ermaret Viljoen, Gimmies se kaptein, het die span met deernis gelei en goeie spangees is deurgaans behaal. Dit was ook veral afrigter, Sulette Damons, wat ‘n Protea hokkiespeler is, wat met haar ervaring en kennis ‘n groot aanwins vir die jong groep spelers was.
Die spanbestuurder, Alta van Heerden, noem dat die ouers se ondersteuning en spelers se toewyding van die belangrikste bestanddele in hulle wenresep is.
“Goeie vaardighede, afrigting en die baie talentvolle spelers waaroor ons beskik het ‘n groot verskil gemaak. Die ouers het ook bankvas agter die dogters gestaan. Dit is iets om voor dankbaar te wees,” het Van Heerden gesê.
Gimmies se uitslae:
Wen 6 – 0 teen Brits
Wen 4 – 0 teen Girls High
Wen 6 – 0 teen KHS
Verloor 2 – 1 teen Lichtenburg
Wen 5 – 0 teen Rustenburg
Wen 5 – 1 teen St Conrads (nou Curro)
Wen 1 – 0 teen Volkskool
Wen 11 – 0 teen Wesvalia











