NewsNews

Kalmte was sy vriend tydens gewapende roof

’n Man se rustige optrede het daartoe gelei dat hy en sy seun ongedeerd van ‘n rooftog weg gestap het. Drie mans het hom Sondagoggend omstreeks 11:30 in sy huis aangehou.

’n Man se rustige optrede het daartoe gelei dat hy en sy seun ongedeerd van ‘n rooftog weg gestap het. Drie mans het hom Sondagoggend omstreeks 11:30 in sy huis aangehou.

Volgens Rudolph Pretorius het hy in die sitkamer gesit terwyl sy oudste seun Magiel (5) in die kamer besig was om te speel.
“My vrou en jongste seun was by die winkels gewees. Ek het iemand by die agterdeur hoor inkom. Toe ek opstaan om te kyk, het ek ’n man sien staan met ’n groot sak by hom. Ek het dadelik besef iets is nie reg nie,” vertel hy.
Pretorius het deur ’n ander deur by sy seun probeer uitkom, maar is voorgekeer deur nog ’n verdagte wat met ’n koevoet gewapen was. “Ek het ’n ander roete probeer maar daar het nog een van hulle my vasgekeer. Hulle het baie aggressief geraak. Ek het geweet ek moet kalm bly sodat hulle ook kan kalmeer.
Ek het rustig vir hulle verduidelik dat daar juweliersware in die kamer is. Twee van hulle is na die slaapkamer, maar een het by my gebly. Ek het hom gevra waar my seun is maar hy het net geantwoord dat hy nie weet nie,” vertel Pretorius. Met hulle terugkoms het die verdagtes weer aggressief begin raak. Hulle het geëis dat Pretorius vir hulle vertel waar die kluis is.
“Hulle het probeer om my met die koevoet op die hand te slaan. Hulle het ook probeer om my vas te maak,” vertel hy. Deur rustig met hulle te praat en te beduie met sy hande na waar al die goedere in die huis is, het hy voorkom dat hy vasgemaak of beseer word.
“Ek het opgestaan en vir hulle gesê, dat ek hulle sal wys waar alles is. Ek het geweet daar is ’n paniekknoppie in die kamer,” vertel hy.
Terwyl hy in die slaapkamer was, het twee verdagtes weer in die huis ingevaar.
Die verdagte wat oorgebly het, het ’n stel kluissleutels gevind, waarna hy aggressief aangedring het dat Pretorius vir hom vertel waar die kluis is.
“Ek het vir hom gesê dat die kluis dalk in die kas is of in die studeerkamer. Nadat hy in die kas gekyk het, het hy in die gang afbeweeg,” vertel hy. Pretorius het opgespring en die paniekknoppie gedruk. Die alarm het begin skree waarna hy na sy seun toe gehardloop het. Hy het hom gegryp en buite toe gevat.
“Ek het hom buite weggesteek en terug in die huis in beweeg, maar hulle het reeds gevlug met elektroniese toestelle en juweliersware.
“Magiel was onbewus daarvan dat hulle in die huis was.
Toe ek hom gryp het hy my nog gevra ‘wat nou pappa?’ Kalmte was my vriend in die situasie, mense moet hulle paniekknoppies druk as hulle kan. Maak ook jou hek veilig sodat hulle dit nie van die spoor af kan lig nie,” vertel Pretorius.
Mooirivier Beskerming het reageer na die insident toe en die polisie ontbied.
Genadiglik is niemand beseer tydens die roof nie. Kaptein Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het bevestig dat ’n saak van huisroof ondersoek word.

Soortgelyke Stories

Gewapende roof in Bailliepark

Roof-verdagtes vas na skietery op polisie

Polisie waarsku teen roof

Gewapende roof in Gericke straat

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button