Willie en Rita vier 55 jaar van liefde
Willie (Biek) en Rita van Rensburg het onlangs hul 55ste huweliksherdenking saam met hul kinders en kleinkinders gevier. Hulle het mekaar in 1955 by die Hoër Handelskool (later JJ Pienaar Hoërskool) ontmoet, waarna hulle in matriek onderskeidelik hoofseun en hoofdogter was.

Na skool het hulle hul onderwysstudies aan die PU vir CHO en die Potchefstroomse Onderwyskollege voltooi. Na twee jaar se onderrig in Zeerust is Willie terug na sy alma mater tot en met sy aftrede en die sluiting van die skool. Tydens sy loopbaan was hy baie betrokke by skole atletiek en atletiekontwikkeling. Hy het in sy 50’s self die Comrades marathon suksesvol voltooi. Willie het ook wyle prof. Sorgdrager (NWU) bygestaan met klasse aan nagraadse studente. Rita het tot haar aftrede by die Departement Voeding en Gesinsekologie (NWU) gewerk.
Albei is baie betrokke by gemeenskapsprojekte by die kerk en ook by die kerk se broodjie-voorsiening in Ikageng en Promosa, veral by die NG kerk in Promosa.
Volgens hul kinders Marinda, Erika, Jaco en Karien, gades en agt kleinkinders, is hulle baie trots, dankbaar en baie lief vir hul ouers en grootouers. “Hierdie mylpaal is ook te danke aan die Here se groot genade,” sê hulle.