
Drie verdagtes het Sondagaand (10 Julie) omstreeks 22:00 ’n sekuriteitswag met ’n baksteen oor die kop geslaan, vasgemaak en geblinddoek.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, was die wag besig om die perseel te patrolleer toe hy deur die drie verdagtes oorval is. Nadat hulle hom vasgemaak het, het hulle ’n stoor oopgebreek waarna die alarm afgegaan het.
“Die verdagtes het dadelik gevlug toe die alarm afgaan. Behalwe vir die wag se selfoon, word niks anders vermis nie,” het Manyoba gesê
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




