SportSport

Mooirivier-atlete behaal 15 podiumplekke by Super 12 byeenkoms

Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was toe die o13 seunsaflosspan die goue medalje in die 4x100m aflos-gewen het.

Laerskool Mooirivier se top atlete het Saterdag, 24 Oktober, gewys dat hul teen die beste laerskoolatlete hul naam kan hooghou toe hulle ‘n tydens die Super 12-atletiekbyeenkoms, ‘n algehele negende plek uit 22 skole behaal het.

Een van die hoogtepunte van die byeenkoms was toe die o13 seunsaflosspan die goue medalje in die 4x100m aflos-gewen het.

Algeheel het die seunsspan puik gevaar en ‘n vyfde plek behaal, terwyl die dogtersspan 14de geëindig het. Fredrich Liebenberg was een van die uitblinkers van die dag en is aangewys as die beste seunsbaanatleet van die byeenkoms.

Mooirivier se atlete het altesaam 15 medaljes ingepalm wat vyf goue, vier silwer- en ses bronsmedaljes insluit. Owame Moloi het goud in die 100 m en 200 m verower, terwyl Liebenberg ook twee goue medaljes in die 150 m en 150 m-hekkies verower het. Die seunsaflosspan het die vyfde goue medalje in die 4 × 100 m-aflos bygevoeg.

Luan White (600 m), Lizindi Rowles (gewigstoot), Cyril Lawless (70 m-hekkies) en Liebenberg (75 m-hekkies) het silwermedaljes verower.

Ava de Kock (600 m), Jancu Greyling (70 m-hekkies), Lincoln McMaster (70 m-hekkies), Zianuska McLauchlin (hoogspring), Kari Botes (150 m-hekkies) en Joubert Mouton (80 m-hekkies) het elk bronsmedaljes verower.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button