
Drie karre het op N12 oorkant HTS Potchefstroom in mekaar vasgery.
Twee bakkies en nog ‘n ander voertuig het vanoggend (22 Julie) omstreeks 08:00 die verkeer op die N12 wat in Potchefstroom ingekom het belemmer nadat die drie voertuie in mekaar vas gery het.
ER24 was op die toneel om behandeling te bied, waarna ses pasiënte met ligte beserings na verskeie hospitale geneem is vir verdere behandeling. Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die Tlokwe verkeer en polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




