SportSport

Luiperds vertoon uitstekend teen Pumas

Die Luiperds het uitstekend vertoon teen die Pumas in die wedstryd in Nelspruit in die kwalifiserende liga verlede Vrydag en met net twee punte verloor. Die eindtelling van 29-27 is tekenend van die Luiperds se wilskrag. Teen rustyd was die tuisspan ook met twee punte voor: 12-10. Jaco Hayward en Loftus Morrison het elk twee …

Die Luiperds het uitstekend vertoon teen die Pumas in die wedstryd in Nelspruit in die kwalifiserende liga verlede Vrydag en met net twee punte verloor. Die eindtelling van 29-27 is tekenend van die Luiperds se wilskrag. Teen rustyd was die tuisspan ook met twee punte voor: 12-10.

Jaco Hayward en Loftus Morrison het elk twee drieë gedruk met Malherbe Swart wat een verdoel het en Schalk Hugo wat met ‘n doelskop en ‘n strafdoel geslaag het.

Die Pumas se Francois du Toit het die wendrie in die laaste oomblikke van die wedstryd gedruk.

Griekwas, die voorloper in die reeks met 56 punte, speel Vrydag om 19:00 teen die Luiperds op Olënpark. Die Luiperds het weer vir hulle beste speler vanjaar, Rhyno Smith, terug op heelagter, na sy tyd by die Haaie in Superrugby. Die ervare Juan Language neem die kapteinskapleisels oor vir die wedstryd teen die Kwaste.

Boland, wat met 49 punte tweede lê, speel teen die Leeus XV en die Pumas, wat drie punte agter Boland is, het die onbenydenswaardige taak om die Griffons in Welkom te gaan pak. Die Luiperds het 32 punte.

Luiperds teen Griekwas: Rhyno Smith; Rowayne Beukman, Johan Deysel, Henko Marais, Bradley Moolman; Gene Willemse, Malherbe Swart; Juan Language (kaptein), HP Swart, Jaco Jordaan, Walt Steenkamp, Stairs Mhlongo, Lucky Ngcamu, Wilmar Arnoldi, Bart le Roux. Reserwes: Dane van der Westhuyzen, Roan Grobbelaar, Loftus Morrison, Marno Redelinghuys, Chriswill September, Jaco Hayward en Ryno Wepener.

Foto’s: Riaan Swanepoel

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button