NewsNews

Verdagte in hegtenis na jaagtog

'n Verdagte is vandag (28 Julie) omstreeks 18:00 in hegtenis geneem nadat hy 'n vrou in Chopinstraat beroof het.

‘n Verdagte is vandag (28 Julie) omstreeks 18:00 in hegtenis geneem nadat hy ‘n vrou in Chopinstraat beroof het.

IMG-20160728-WA0000

Volgens Cristiaan Haefele,bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het die verdagte die vrou oorval in haar motorhuis.

“Terwyl die motorhuis besig was om toe te gaan het die verdagte onderdeur geglip,” het Haefele gesê.

Die verdagte het na bewering die vrou se beursie en sleutels gegryp en weg gehardloop. Gelukkig het die vrou daarin geslaag om die paniek te druk waarna Mooirivier Beskerming reageer het.  Mooirivier se reaksiebeamptes kon die verdagte vinnig opspoor, die verdagte het verder gevlug. Na ‘n kort jaagtog het die beamptes daarin geslaag om die verdagte te vang. Die vrou se beursie en sleutels is in die sy besit gekry. Mooirivier het die polisie ontbied om die verdagte polisiestasie toe te vervoer, waar hy na bewering aangekla sal word vir diefstal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button