NewsNews

Inwoners vind lyk in Mooirivier

Die lyk van ’n bejaarde vrou is Sondag omstreeks 11:20 in die Mooirivier naby Meulstraat gevind.

Die lyk van ’n bejaarde vrou is Sondag (7 Augustus) omstreeks 11:20 in die Mooirivier naby Meulstraat gevind.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het inwoners van die area die polisie ontbied nadat die lyk onder ’n brug gevind is.
Met die polisie se aankoms het hulle die lyk van die bejaarde swartvrou in die water gevind. Die provinsiale paramedici het die vrou op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die vrou se dood is nog onbekend.
“Die vrou is steeds nie geïdentifiseer nie. Sy het ’n pienk en pers T-hemp aangehad met ’n roomkleur broek. Enige iemand met inligting kan die polisiestasie by (018) 299 7477 skakel.

Soortgelyke Stories

Lyk in kanaal gevind

Baba dogtertjie dood in park gevind

Decomposing body of raped woman discovered after two weeks

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button