Twee Nigeriërs is Maandag in hegtenis geneem op aanklag van besit van onwettige dwelms.
Volgens ao. Mpho Manyoba, polisiewoordvoerder, het die polisie inligting ontvang dat die mans dwelms aan skoolkinders verkoop naby Boiki Tlhapi kliniek in Ikageng.
Lede van die honde-eenheid het die inligting opgevolg, waarna hulle die mans deursoek het.
“Die polisie het dagga en mandrax ter waarde van sowat R5 000 gevind,” het Manyoba gesê.

Die verdagtes het die dwelms in ’n versteekte kompartement binne ’n stoel weggesteek.
Albei is in hegtenis geneem. Lt.-kol. Mopedi, bevelvoerder van die honde-eenheid het sy lede geluk gewens met die sukses.
“Ek is baie bly dat die lede van dié eenheid ’n verskil maak in die gemeenskap,” het Mopedi gesê.
Soortgelyke Stories



