NewsNews

“Eleazerhuis” gaan uiteindelik waai

Die verlate huis in Eleazerstraat wat al ʼn geruime tyd in die nuus was, gaan uiteindelik afgebreek word.

Die verlate huis in Eleazerstraat wat al ʼn geruime tyd in die nuus was, gaan uiteindelik afgebreek word.

Die huis wat verlede jaar afgebrand het, word al lank  gebruik as ʼn heenkome vir hawelose mense.

“Daar is glo ’n vrou hier naby verkrag. Ons het mediese afval hier gekry wat ons later verbrand het, omdat die departement van gesondheid nie wou uitkom om dit te verwyder nie. Ons sien gereeld jong kinders wat daar in en uit beweeg,” vertel Annemarie Lensing, ’n trustee van Urban Living wat aan die erf grens.

Munisipale woordvoerder Willie Maphosa het bevestig dat die huis afgebreek gaan word.

“Ons departement van Infrastruktuur is besig om na kwotasies te kyk om die huis af te breek,” het Maphosa gesê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button