SportSport

Amelia se goue atlete breek wêreldrekords

Daar is ‘n goue trotsheid wat in die lug hang by Amelia Nasorgsentrum in Potchefstroom. Medaljekoors het hier oorgeneem met 13 medaljes wat tussen vier ongelooflike atlete verdeel is na hulle deelname aan die 2016 Trisome Spele in Firenze, Italië. Saam met hulle staan hulle trotse afrigter en mentor, Hans Kleyn, wat jare se harde …

Daar is ‘n goue trotsheid wat in die lug hang by Amelia Nasorgsentrum in Potchefstroom. Medaljekoors het hier oorgeneem met 13 medaljes wat tussen vier ongelooflike atlete verdeel is na hulle deelname aan die 2016 Trisome Spele in Firenze, Italië.

Saam met hulle staan hulle trotse afrigter en mentor, Hans Kleyn, wat jare se harde werk en opoffering agter die blad het. Hierdie atlete en hulle afrigter deel ‘n hegte band en hierdie samesyn het nou tot drie nuwe wêreldrekords en ses goue medaljes, vier brons en drie silwer, gelei.
Dit was ‘n wêreldklas vertoning in eie reg met 35 ander lande wat ook aan die spele deelgeneem het.

“Dit was ‘n ongelooflike ervaring gewees. Ek is trots op almal van hulle. Ons het gewys tot wat ons in staat is en die vorige wêreldrekords ver verbeter,” vertel Kleyn trots.
Melanie Barnard het vier goue medaljes in die gewigstoot, spiesgooi, werpskyf en 4×400 meter aflos behaal. Sy het ook nuwe wêreldrekords in die gewigstoot en diskus opgestel.

Cornell Reyneke het brons in die gewigstoot en spiesgooi behaal, terwyl die jong Juliet Mailula ‘n goud in die 4×400 meter aflos behaal het. Die ervare Hannes Walt de Klerk het ook oudergewoonte weer sy staal gewys en veral in die 800 meter stap sy goue voetspore met ‘n nuwe wêreldrekord gelos.

“Hierdie keer het ek met 32 sekondes verbeter,” voeg hy met ‘n groot glimlag by. Asof dit nie genoeg was nie, het hy ook silwermedaljes in die 100 meter, 1500 meter stap en spiesgooi behaal, sowel as brons in die 200 meter en gewigstoot items.
Jansie Els en Jaco Jordaan het ook deelgeneem, maar nie medaljes verower nie.

Verdere artikels oor Amelia se atlete:

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/18161/amelia-se-atlete-is-reg-vir-italie/

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button