
Vier mense is hospitaal toe geneem nadat ʼn voertuig op die N12, Johannesburg rigting gerol het.
Die ongeluk het gisteraand (28 Augustus) omstreeks 20:00, ongeveer 35km vanaf Potchefstroom gebeur. Die bestuurder van die voertuig het glo beheer verloor waarna die voertuig veelvuldige kere gerol het. Paramedici van IMR ambulansdienste het op die toneel gekom waar hulle die voertuig in die veld aangetref het. Al vier pasiënte was nog in die voertuig gewees met aankoms, Netcare 911 en Buthelezi EMS was op die toneel om die mense te behandel. IMR het twee van die pasiënte met gematige beserings na Mediclinic Potchefstroom toe geneem. Die ander twee mense is met geringe beserings deur Buthelezi EMS na die Potchefstroom hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog onbekend maar die polisie was op die toneel om verder ondersoek in te stel.



