NewsNewsUpdate

Ouer sê jammer na k-woord in koshuis

’n Ouer wat op 20 Augustus tydens ’n pa-en-seun-aksie by ’n manskoshuis ’n vierdejaar student die k-woord toegesnou het, het die student persoonlik om verskoning gevra.

’n Ouer wat op 20 Augustus tydens ’n pa-en-seun-aksie by ’n manskoshuis ’n vierdejaar student die k-woord toegesnou het, het die student persoonlik om verskoning gevra.
Volgens Johan van Zyl, kampuswoordvoerder, sal die ouer ook sy verskoning tydens ‘n koshuisvergadering aanbied. Die student sal dan ook voor die koshuis daarop reageer.
Die betrokke student het na die voorval ‘n klag by die Universiteitsbestuur gelê.
“Die voorval is betreurenswaardig aangesien sulke optrede teen die waardes van die NWU indruis en dit nie op ons kampus hoort nie,” het prof. Fika Janse van Rensburg, kampusrektor, na die voorval gesê.
Die rektor het ’n gesprek tussen die ouer en die betrokke student bemiddel waarna die student aangedui het dat hy die ouer se verskoning as opreg aanvaar en het die partye tot ‘n vergelyk gekom. Uit die ondersoek het dit geblyk dat sekere koshuisleiers ook nalatig was in die tydige hantering en rapportering van die saak.
Hoewel hulle nie meegedoen het aan die betrokke ouer se wangedrag nie, het enkele van hulle nie daadwerklik genoeg hulle solidariteit met die klaer betoon nie. Hulle het hulle ook nie genoegsaam teen die optrede van die ouer uitgespreek nie, al het hulle nie daarmee saamgestem het nie. Hieroor is hulle ernstig aangespreek en amptelik gewaarsku dat hierdie soort optrede nie strook met die waardes van die Universiteit nie.
Die pa-en-seun aksie in die betrokke koshuis is ook opgeskort en die huiskomitee kan eers weer in 2018 aansoek doen vir voortsetting van dié tradisie.
“Ek is bly dat die Universiteit hierdie voorval as ‘n leergeleentheid kon benut en dat die onderlinge verhoudings op ‘n opvoedkundige wyse herstel is. Ons is veral dankbaar dat die betrokke student in sy eer herstel voel, en met die uitkoms van die proses tevrede is. Hierbenewens is die harmonie in die koshuis herstel,” het Janse van Rensburg gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button