Frisbee gee jou meer as net oefening
Daar word as sedert 1968 met frisbees gespeel nadat die sport in Amerika ontstaan het. Sedertdien het dit reg oor die wêreld versprei. As sportsoort is dit meesal vir die publiek onbekend, maar oor die jare het reëls en regulasies ontwikkel Ultimate Frisbee het informeel in die 1980’s in Kaapstad begin. Om die spel te …

Daar word as sedert 1968 met frisbees gespeel nadat die sport in Amerika ontstaan het. Sedertdien het dit reg oor die wêreld versprei.
As sportsoort is dit meesal vir die publiek onbekend, maar oor die jare het reëls en regulasies ontwikkel
Ultimate Frisbee het informeel in die 1980’s in Kaapstad begin. Om die spel te bevorder was daar ’n ontwikkelings insiatief deur die spelers wat na die skole in die townships gegaan het om die sport te bevorder. Daar was aanvanklik geen toernooie nie, maar daarna het groot dinge begin. En vandag het meeste universiteite hul eie spanne en bestaan daar frisbee-klubs regoor die land.
Die gewone ou op straat sal jou vreemd aanstaar as jy vir hom sê dat frisbee ’n erkende sport is, maar Suid-Afrika stuur vanjaar drie spanne na die World Ultimate and Guts Kampioenskappe in Londen.
Hier in die hartjie van Noord-Wes is frisbee se storie so ietwat anders. Dis ’n manier om studente wat sukkel om aan te pas, te help. Om vriendskappe te bou. Om te ontspan en net bietjie fisiek te verkeer. Dis iets om die gemeenskap nader aan mekaar en na God te trek.
Daar word nie gefokus op wie gooi die beste of die verste nie, maar op die mens, sy storie en karakterbou.
NG Kandelaar Studentegemeente nooi almal uit na hul Potch Ultimate Frisbeedag op 17 September by die Fanie du Toit se F&G Rugbyvelde. Kom as ’n groep of op jou eie en geniet die dag saam met ons.
Daar is eet- en drinkgoed en ’n dag vol van nuwe dinge!






