NewsNews

Nege vasgetrek voor hulle transito rooftog kon uitvoer

Nege verdagtes is Saterdag vasgetrek op ‘n klag van sameswering om roof te pleeg en die onwettige besit van vuurwapens.

Nege verdagtes is Saterdag vasgetrek op ‘n klag van sameswering om roof te pleeg en die onwettige besit van vuurwapens.
Volgens kol. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, is die verdagtes deur ’n taakspan in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat die verdagtes beplan het om ’n transito-voertuig in Klerksdorp te beroof.
Agt van die nege verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle in hul voertuie op die N12 aangekeer is.
Die taakspan het ook op ’n aanvalsgeweer, plofstof, twee skokbuis ontstekers, 250 rondtes ammunisie, ’n koord ontsteker en verskeie stelle handskoene beslag gelê.
Die negende verdagte is in hegtenis geneem by ‘n huis in Wilkoppies, Klerksdorp. Daar is ook plofstof en ammunisie in sy besit gevind.
Hy het Maandag in die landdroshof in Klerksdorp verskyn, maar bly in aanhouding tot die volgende hofdatum op 12 September.
Die ander agt verdagtes het Woensdag in die landdroshof in Potchefstroom verskyn. Dit is nie bekend tot wanneer die saak uitgestel is nie.
Tydens die ondersoek het die polisie vasgestel dat een van die verdagtes, nadat hy in 2009 uit wettige aanhouding ontsnap het, steeds deur die Johannesburg-polisie gesoek word.
Die Noordwes provinsiale kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, het die span polisielede geprys vir die goeie werk wat gedoen is.
Sy het gesê dat die polisie nie sal huiwer om op te tree teen diegene wat misdade pleeg nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button