NewsNews

‘n Golf van geel vir geliefkoosde dokter

Die gemeenskap van Potchefstroom het vandeesweek hulde gebring aan ‘n geliefkoosde dokter van Medicross Potchefstroom, deur geel lap om die bome op die Bult te draai.

Die gemeenskap van Potchefstroom het verlede week hulde gebring aan ‘n geliefkoosde dokter van Medicross Potchefstroom, deur geel lap om die bome op die Bult te draai.
Dr. Koba van der Walt (63) het op Woensdag, 31 Augustus haar jarelange stryd teen beenmurgkanker verloor, maar sal altyd onthou word vir die diep spore wat sy in die lewens van baie Potchefstromers getrap het.
Nadat dr. Koba in 2011 vir die eerste keer met akute miëloïede leukemie gediagnoseer is, het sy besluit om nie net te gaan lê nie.
Toe sy in 2015 met die Herald gesels het, het sy haarself as kalm beskryf toe sy dit uitgevind het. “Ek het gedink dat dit die werk van die Here moes wees,” het sy gesê.
In 2012 het sy ’n beenmurgoorplanting gehad waarna die kanker in remissie was. In Maart 2015 het sy besef die kanker is terug.
Dr. Koba was ten spyte van haar siekte deel van die stigting van die Sunflower-projek en het hierdeur mense aangemoedig om beenmurgskenkers te word omdat beenmurgoorplantings so duur is.
Sy het tot haar laaste dag toe passievol gewerk daaraan om mense bewus te maak van beenmurgoorplantings en sodoende skenkers te werf. Kort voor haar dood het sy vir Charlotte van Alphen, die brein agter die Phenomenal Women projek, gevra om deel te word van die Sunflower-projek.

Dr. Koba van der Walt se man Louis, dogter Farina en seun Daan Lindeque, waar hulle Dinsdag geel lap om die bome op die Bult gedraai het. Foto: Charlotte van Alphen
Dr. Koba van der Walt se man Louis, dogter Farina en seun Daan Lindeque, waar hulle Dinsdag geel lap om die bome op die Bult gedraai het. Foto: Charlotte van Alphen

Hulle het saam beplan om geel lap om die bome op die Bult te draai sodra sy terugkom na haar beenmurgoorplanting wat later vanjaar sou plaasvind. “Toe sy sterf het ons besluit om die projek voor haar begrafnis aan te pak om haar so te vereer,” sê Van Alphen. “Dit is ons huldeblyk aan ’n uitsonderlike persoon.”
Die geel bome is ook om bewusmaking vir beenmurgskenking te bevorder en die Sunflower Foundation poog om ten minste 20 skenkers uit Potchefstroom te werf. Daar sal ook tydens vanjaar se Dragonboat Race op 22 Oktober, twee Dragonboats aan dr. Koba en die Sunflower Foundation opgedra word.
Hiermee poog hulle om genoeg fondse in te samel om ten minste 20 beenmurgoorplantings moontlik te maak. Vir kaartjies skakel 083 627 9628 of stuur ‘n e-pos aan potchmooidbf@gmail.com
‘n Begrafnisdiens is op Woensdag, 7 September om 11:00 vanuit die NG Moedergemeente in die Vredefort Koepel gehou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button