NewsNews

DA lê kriminele klagtes oor myn

Die DA in Potchefstroom het besluit om kriminele klagtes te lê oor uitstaande antwoorde oor vrae wat verband hou met die mynaktiwiteite wat tans op ’n plaas buite die stad bedryf word.

Die DA in Potchefstroom het besluit om kriminele klagtes te lê oor uitstaande antwoorde oor vrae wat verband hou met die mynaktiwiteite wat tans op ’n plaas buite die stad bedryf word.
Die voorsitter van die DA Koukus in Potchefstroom, Hans-Jurie Moolman, het Dinsdag aan die munisipale bestuurder (MB), dr. Blaai Mokgethi bekend gemaak dat hy kriminele klagtes gaan lê omdat hy geen terugvoer van haar gekry het oor die mynaktiwiteite op die Eleazerplaas nie.
Moolman het reeds in Julie e-posse met vrae aan die MB gestuur, maar het tot op hede geen terugvoer ontvang nie.
Van die vrae hou verband met die feit dat die lede van die stadsraad nie in kennis gestel is dat daar gemyn gaan word nie. Die grond is aan die stadsraad geskenk en was bedoel vir kleinskaalboerdery.
Die stadsraad is volgens Moolman ook in die donker gelaat oor enige omgewingsimpakstudies of mynregte.
Nog ’n kwessie is dat die mynaktiwiteite plaasvind op gebiede waar dolomiet is en dat die onttrekking van ondergrondse water ernstige risikos kan inhou weens die ontstaan van sinkgate.
In die e-posse vra Moolman waarom hierdie mynaktiwiteite plaasvind sonder dat die stadsraad en die gemeenskap daarvan weet.
Hy het in verdere e-posse steeds vir antwoorde gevra, asook waarom die MB sy korrespondensie ignoreer.
Moolman sê omdat hy steeds geen terugvoer van die MB gekry het nie, is besluit om kriminele klagtes te lê om sodoende seker te maak dat dié aangeleentheid behoorlik ondersoek word en om op hierdie wyse seker te maak dat die belange van die gemeenskap beskerm word.

Die Eleazermyn. Foto: Susan Cilliers van Beeld
Die Eleazermyn. Foto: Susan Cilliers van Beeld

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button