CommunityNews

NG Welsyn se bederfoggend ‘n reuse sukses

Die Bederfoggend van NGW is ‘n gewilde geleentheid op die sosiale kalender in Potchefstroom en met reg. Gaste het die geleentheid gehad om deur ‘n aantal markstalletjies te loop en interessante ware te besigtig en te koop.

Die Bederfoggend van NGW is ‘n gewilde geleentheid op die sosiale kalender in Potchefstroom en met reg. Gaste het die geleentheid gehad om deur ‘n aantal markstalletjies te loop en interessante ware te besigtig en te koop. Voorgeregte is tydens die “mark” geniet op ‘n spesiale geskenk (houtplankie) wat deur die kantoor van NGW self gemaak is.

Die sowat 361 gaste is daarna betower en behoorlik op hul voete gedwing deur die immergewilde Dewald Wasserfall.

NG Welsyn Potchefstroom wil graag elke borg wat ‘n aandeel gehad het in die sukses van die funksie hartlik bedank.  “‘n Spesiale dankie aan ons jarelange hoofborg naamlik Alta Avenant van Mooirivier Makelaars, vir die ruim borgskap asook die stylvolle dekor wat Alta befonds en help maak het” aldus  Retha Erasmus, maatskaplike werker. “Asook aan die ander borge naamlik  Printing Things wat die uitnodigings geborg het en Battery Electric vir hul donasie.

“Aan elke besigheid wat tafels gekoop het en hul personeel bederf het ook aan elke gas wat die geleentheid bygewoon het, dankie vir die ondersteuning. Teken solank 6 September 2017 aan want dan doen ons dit weer,” het Retha Erasmus van NG Welsyn gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button