
September is kinderkanker bewustheidsmaand. ’Cupcake’-dag word oor 63 deelnemende winkelsentrums regoor die land gehou. Cupcakes-of-Hope gaan Saterdag (24 September) kolwyntjies met baie liefde, by die Mooirivier Mall naby Mugg and Bean bak om geld in te samel vir kinders met kanker. Lede van die publiek word uitgenooi om teen ‘n R10 skenking die kolwyntjies te kom geniet.
Hulle is ‘n nie-winsgewende organisasie wat bewustheid wil skep en fondse vir kinders met kanker insamel deur middel van hul liefde vir bak. Verlede jaar het hulle R1,5 miljoen op Nasionale ‘Cupcake’ Dag ingesamel. Met hierdie geld kon meer as 500 pasiënte gehelp word deur te betaal vir hul mediese– of ander dag-tot-dag uitgawes.
Cupcakes-of-Hope bederf ook pasiënte op hul verjaarsdae en organiseer spesiale “einde van die behandeling” verrassings. Sandy Cipriano, stigter van Cupcakes-of-Hope, sê: “Dit is ongelooflik om te sien hoe die hele gemeenskap betrokke raak om hierdie dapper klein pasiënte te help.”



