NewsNews

Herrie was los oor vullis op Bult

’n Noodvergadering is Maandagmiddag gehou nadat daar ‘n hewige gesprek op die Facebookblad, Hello Pietie, ontstaan het weens vullis op die Bult.

’n Noodvergadering is Maandagmiddag gehou nadat daar ‘n hewige gesprek op die Facebookblad, Hello Pietie, ontstaan het weens vullis op die Bult.
‘n Hoogs ontevrede Potchefstromer, Trudie Botha, het haar ontsteltenis uitgespreek nadat sy gesien het hoe personeel van ‘n onderneming op die Bult vullissakke langs die vullishok plaas. Na minute was daar ’n ellelange herrie van verwyte en beskuldigings wat oor en weer uitgespreek is oor vullis op die Bult en elders.
Raadslede het probeer verduidelik en uiteindelik is besluit om ’n dringende vergadering te hou om die saak te bespreek.

Vullis moes langs die vullishok geplaas word, want die luik kon nie oopmaak nie. Foto: Facebook
Die eienaar van Bourbon Street, Albert Bothma, het boonop ontdek dat die vullishok op die Bult gebruik word as ruimte om die Bult se skoonmakers se persoonlike besittings in te bêre, eerder as om vullissakke in te stoor totdat dit verwyder word.
Hy het gesê tot sy ontsteltenis moes hy aanskou dat die vullishok hoegenaamd nie benut word as ‘n vullishok nie, maar wel as ‘n “kantoor”.
Die luik waardeur die vullissakke gegooi moet word was van die binnekant af geblok sodat dit nie kon oopmaak nie. Dit is ook in die vergadering uitgelig. “Ons moet ons vullis buite sit waar dit uitgegrawe en die hele wêreld vol gestrooi word, omdat die vullishok vir ander doeleindes gebruik word,” sê Bothma.

Die luik wat van binne gestop is. Foto: Facebook.
Die luik wat van binne gestop is. Foto: Facebook.

Na die hele petalje is ‘n oplossing gevind. Die munisipale skoonmakers gaan van nou af die ablusiegeriewe langs die ATKV-verhoog gebruik om hul besittings in te stoor terwyl die sakeondernemings op die Bult weer hul vullis in die vullishok sal kan gooi. “Ons probleem is dat ons vullis nie buite in die straat hoort nie. Dit word oral gestrooi vir die hele Bult om te sien.
Van nou af sal ons weer die vullishok kan gebruik en ons is baie opgewonde daaroor,” sê Bothma.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button