CommunityNewsSponsored

Die Audi A3 Sedan sit ‘n huppel in jou stap!

As ek die Audi A3 sedan ‘n persoonlikheid moet gee, is daar geen twyfel dat dit ‘n stoutgat, ratse buksie is wat aandag trek onder oud en jonk nét waar hy gaan.

As ek die Audi A3 sedan ‘n persoonlikheid moet gee, is daar geen twyfel dat dit ‘n stoutgat, ratse buksie is wat aandag trek onder oud en jonk nét waar hy gaan.

Johan van Zyl Audi
Iets soos Trompie uit die Trompie en die Boksombende-faam, maar met sy kerkklere aan.
Ek ry nou vir meer as ‘n maand met hierdie 1.8 TSFI petrolmodel, en moet sê, ek vrees die dag dat Audi Klerksdorp hul kar wil terughê. Die A3 sedan is ‘n voertuig wat jy nie elke dag op die pad sien nie. Dit het ‘n nismark. Aanvanklik was dit net in ‘n luikrug beskikbaar, maar in 2013 het Audi dié toevoeging met sy kort, wipstert kattebak gemaak. Tesame met sportiewe lyne en ‘n uitdagende en aggressiewe aangesig, is dit ‘n wenresep!
Die enjins bestaan uit ‘n keuse van twee petrolmodelle, ‘n 1.4TFSI wat 92kW en 200Nm wringkrag produseer en ‘n 1.8 TFSI wat ‘n kragtige 132kW en 250Nm wringkrag lewer. Die 1.6l Tdi dieselmodel lewer 110kW en 350Nm wringkrag. Al drie die enjins kan in handrat of outomaties (S tronic) bestel word.
Gee vir Trompie (die 1.8TFSI petrolmodel) ‘n halwe kans, en hy gebruik dit! Die krag is verstommend. Met ‘n druk van ‘n knoppie of ‘n agtertoe-pluk aan die S tronic se rathefboom, aktiveer jy die Dynamic stuur, of beter bekend as die sport opsie. Die onderstel, ratkas en stuurverrigting word in ‘n oogwink aangepas asof hy skielik ‘n renbaan voor hom sien, en tande daarvoor slyp. Daarna is dit nie vlinders nie, maar eerder perdebye in jou maag…

Die ontwerp van die binneruim word deur ongelooflike aandag tot detail gekarakteriseer. Die lyne en oppervlaktes bestaan uit ‘n skoon, minimalistiese ontwerp. Daar is nie ‘n magdom van knoppies en kontroles wat alles denkbaar doen nie. Daarvoor is die hoë-resolusie 7-duim skerm wat 3D grafika vertoon, wat deur middel van ‘n baie gebruikersvriendelike seleksie-wiel beheer word. Wat die indrukwekkende klanksisteem betref, moet ek myself kort-kort herinner dat ek in die beskawing is.
Die Audi A3 Sedan kom standaard met die volgende kenmerke:
•‘n indrukwekkende binneruim beligtingspakket
•Lig en reënsensor
•Bluetooth en stemopdragstelsel
•17-duim allooiwiele
•Sport onderstel
•Voorste misligte
•Audi Drive Select met ‘n program vir effektiwiteit
•Audi klanksisteem
•Dubbelsone lugverkoelingstelsel
•Bestuurderinligtingstelsel in volkleur

28_A3_Sedan_72dpi
‘n Kliënt het sy toetsrit ervaring van die Audi A3 Sedan so goed opgesom. “As jou begroting dit toelaat om hierdie kar te koop, en jy doen dit nié, moet jy jou kop laat lees.”
Die intreemodel Audi A3 Sedan is ‘n 1.4 TFSI petrolmodel met handrat en kos R403 500. Verskeie finansieringspakkette is beskikbaar om vir jou ‘n sakpas-transaksie te bied.
Vir ‘n toetsrit van enige Audi model, nuut of gebruik, kontak my gerus by 084 504 3544 of skakel Audi Klerksdorp by (018) 462 6491.
Besoek ook hul webtuiste by www.audi-klerksdorp.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button