NewsNews

Pasop, Potch het nou dierepolisie

Hoeveel keer het jy al gewonder wie om te kontak wanneer jou buurman se hond die hele aand geraas maak?

Hoeveel keer het jy al gewonder wie om te kontak wanneer jou buurman se hond die hele aand geraas maak?

Of wanneer mense se honde onbeheerd in die straat rondhardloop? Wel,  is nou amptelik Potch se dierepolisie.
Hulle inspekteurs is onlangs deur die munisipaliteit as vredesbeamptes aangestel.
In kort beteken dit dat die inspekteurs nou by magte is om munisipale bywette op oortreders af te dwing.
“Alhoewel ons alle bywette kan afdwing, is daar vir ons gevra om net te hou by diere bywette,” sê Andries Venter, bestuurder van Paws.
Paws het nou ’n behoorlike vrag hooi op hulle vurk.

Andries Venter, bestuurder van Paws, Sonè de Meyer en Dr. Stallone Terrera, veearts by Paws
Andries Venter, bestuurder van Paws, Sonè de Meyer en Dr. Stallone Terrera, veearts by Paws

Behalwe vir die normale dieremishandeling-klagtes wat hulle steeds na omsien en die rondloper honde wat hulle vir die munisipaliteit moet skut, kan hulle ook nou geskakel word vir steurnis klagtes waar diere geraas maak.
Die inspekteurs is nou ook by magte om boetes uit te reik vir oortreders wat hulle honde nie stilmaak nie.
Daar is ’n hoop bywette wat met diere te doen het waarvoor Paws nou kan boetes uitreik.
“Ons kan nou boetes uitreik vir mense wat hulle diere toelaat om onbeheerd in die pad te loop.
Mense wie se diere in die straat loop en ’n gevaar vir die verkeer inhou, kan ‘n boete van tot R 1 750 opgelê word,” vertel Venter.
Volgens Venter maak die tipe magte hulle werk baie makliker.
“Die belangrikste om te onthou is dat Paws glad nie geld maak uit die uitreik van boetes nie.
“Die geld gaan alles terug na die munisipaliteit toe,” vertel Venter.
Paws het die laaste ruk baie vooruitgang getoon.
Daar is nou ook ’n ekstra veearts, dr. Elize van der Merwe wat by die Paws-span aangesluit het.
Sy het haar hele praktyk en teater na Paws se perseel verskuif.

Dr. Elize Van Der Merwe wat haarself nou by Paws aangesluit het
Dr. Elize Van Der Merwe wat haarself nou by Paws aangesluit het

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button