
Ongeveer agtien diefstalle uit voertuie is in twee weke by die polisie aangemeld.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het meeste van die gevalle op die Bult plaasgevind. Hy het die gemeenskap gevra om nie waardevolle items soos skootrekenaars in voertuie te laat waar diewe dit kan sien nie. Die items wat gesteel is, is uitsluitlik elektroniese goedere wat in voertuie gelaat word.
“Diewe wag vir enige geleentheid om te steel en ons moet dit nie vir hulle nog maklik ook maak nie,” het Chaka gesê.
Die Herald berig gereeld oor misdaad op die Bult en dit blyk dat nalatigheid ’n groot probleem is.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



