
‘n Vrou wat glo sewe maande swanger is, is in ‘n kritieke toestand nadat die voertuig waarin sy gery het in ‘n botsing betrokke was.
Die ongeluk het gisteraand (28 September) op die N12, naby Fochville plaas gevind. Met ER24 paramedici se aankoms het hulle die vrou, wat uit die voertuig gegooi is, ‘n paar meter weg aangetref. Sy is onmiddellik behandel vir veelvoudige beserings, alhoewel die vrou kritiek is, blyk dit dat haar baba ongedeerd is. Sy is per helikopter hospitaal toe geneem vir verdere behandeling.
Twee ander vroue van dieselfde voertuig het matige beserings opgedoen. Hulle is per ambulans hospitaal vervoer. Die bestuurders van beide voertuie is ongedeerd.
Die presiese oorsaak van die voorval is onbekend.
Plaaslike owerhede was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.




