CommunityEntertainmentLifestyleNews

Die krag van kommunikasie

Donnalee Roberts en Ivan Botha word gekenmerk aan die egtheid van hulle stukke. Van hulle bekende werk sluit onder meer Pad na jou hart en Vir altyd in. Beurtkrag is hulle nuwe, eietydse  toneelstuk, wat vir die meer volwasse teaterganger bedoel is. Hierdie verhoudingsdrama vang op ‘n egte wyse die uitdagings waarmee jong paartjies gekonfronteer …

Donnalee Roberts en Ivan Botha word gekenmerk aan die egtheid van hulle stukke. Van hulle bekende werk sluit onder meer Pad na jou hart en Vir altyd in. Beurtkrag is hulle nuwe, eietydse  toneelstuk, wat vir die meer volwasse teaterganger bedoel is. Hierdie verhoudingsdrama vang op ‘n egte wyse die uitdagings waarmee jong paartjies gekonfronteer word, vas.

Donnalee vertolk die die rol van Fransie wat ongetroud saam met haar kêrel, Jasper (Ivan Botha) intrek. Maar die twee het ‘n paar geraamtes in die kas en Jasper het ‘n verlede wat hulle verhouding op die rotse plaas. Dié twee word dan deur ʼn kragonderbreking gedwing om alle tegnologie eenkant te sit en met mekaar te kommunikeer. Dit is egter nie so maklik soos mens dink nie- veral nie in die 21ste eeu nie.

Die dekor is met die eerste oogopslag baie treffend en die rekwisiete word baie stylvol in die stuk geïnkorporeer. Die humor is doeltreffend en die konstante kragonderbrekings  hou die gehoor op hulle tone. Dit verseker dat alle Suid- Afrikaners met hierdie stuk kan identifiseer. Die kaartjies was reeds met die eerste vertoning uitverkoop. Beurtkrag is weer te sien Woensdag (20:00), Donderdag (09:30) en Vrydag (13:00) by die KykNet Gimmies lokaal. Maak seker om jou kaartjie vir hierdie stuk vandag nog by Computicket te bespreek.

Kaartjies kos R120 per persoon.

Dit is verseker die kyk werd!

Tru-handé Kotze

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button