NewsNews

Alles verloor…maar soveel dankbaarheid

Wat red jy wanneer ’n leeftyd se herinneringe in ’n oogwink voor jou oë tot as verbrand. Wanneer ’n enkele matriekafskeid fotoraam en ’n paar meubels en los goed op die sypaadjie al is wat oor is van meer as 12 jaar se bekendheid om jou.

Liezl Scheepers- Parys Gazette

Wat red jy wanneer ’n leeftyd se herinneringe in ’n oogwink voor jou oë tot as verbrand. Wanneer ’n  enkele matriekafskeid fotoraam en ’n paar meubels en los goed op die sypaadjie al is wat oor is van meer as 12 jaar se bekendheid om jou.

20161006_145754
“Ek het gebid…baie gebid en vir die Here gesê ek weet nie wat nou die plan is, maar dat die wind net moet gaan lê. En dit het op ’n stadium,” het Dini Prinsloo gesê waar sy en haar man, landdros Gustav Prinsloo buite in hul groot boomryke tuin gister (Donderdag 6 Oktober) gestaan het met die rook en verwoestende vlamme wat hul grasdakhuis by Pretoriusstraat 10, Parys in ’n  oogwink  tot niks afgebrand het.
Werkers wat aan die grasdak gewerk het om dit weer te dek, was net klaar gewerk en af van die dak, toe die brand vermoedelik weens ’n  kortsluiting net na 13:00 uitgebreek het. In daardie oomblik was Gustav op die foon met Ryno Lindeque van die We Care publieke whatsapp-groep, besig om ’n  ander aangeleentheid te bespreek. Die volgende oomblik het Gustav net gesê die huis se dak brand.
Ryno het dadelik hulp ontbied van die We Care groep. Ook Pieter Kemp en lede van LGV was vinnig met hulp op die toneel.
Die wind het die vlamme tussen die boonste en onderste gras gedryf –  so dat daar op ’n  stadium selfs kommer was oor die huis langsaan. Maar in ’n  oogwink was mense van oral daar om te help. Omgee-mense.
Nooddienste, bure, We Care lede, boere, verbygangers, vriende, familie, selfs die DBV wat blitsig die Prinsloos se hondjie kom haal het om veilig by hulle te hou terwyl daar rondgehardloop is met water, brandslange, koeldrank vir hulle wat onverpoosd gewerk het om die vlamme te probeer blus te midde van die wind en te red wat te redde was.

20161006_150818
En dis hierdie omgee wat vir hulle kalmte gegee het te midde van die verwoesting, sê Dini.  “Sê net vir almal dankie,” het Dini en Gustav gesê, want al het hul alles verloor wat deel was van Pretoriusstraat 10, het dié egpaar die saamstaan en omgee van ’n  dorp se mense om hulle gehad wat nie geskroom het om te help toe hul hulp die nodigste was.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button