
Die polisie het inwoners gemaan om hulle vuurwapenlisensies te kom afhaal by die polisiestasie.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, word daar tans ’n probleem ondervind met mense wat nie die lisensies kom afhaal nie.
Die beamptes by die vuurwapenlisensie-afdeling stuur SMS boodskappe en probeer mense kontak om hulle in kennis te stel dat die lisensies reg is om afgehaal te word. Tog is daar min mense wat reageer op die versoek.
As die provinsiale strukture onopgespoorde lisensies kom vat, sal mense moet aansoek doen vir ’n duplikaat. As mense se kontakbesonderhede verander het, moet hulle ook polisiestasie toe kom om die besonderhede te verander.
“Dit kos die SAPD baie geld om mense te probeer opspoor wat hulle lisensies moet kom afhaal. Ons vra net vir die gemeenskap se samewerking,” het Chaka gesê.



